Oor 10/10

Oor 10/10

Ons Skep 'n koesterende Omgewing vir Elke Leerder

Ons is doelgerig om vir elke leerder ‘n veilige, liefdevolle en kalm omgewing te bied waarin hul, hul huiswerk en leerwerk kan voltooi en hulle volle potensiaal by die skool ook kan bereik. Elke klassie het ‘n toegewyde personeellid wat met selfvertroue en geduld toesig hou en die leerders bystaan en ondersteun. Huiswerk geskied tussen 2nm en 4nm.

Oor 10/10

Gesonde Etes en Peuselhappies by Ons Skool

Ons bied heerlike, voedsame etes asook ‘n laat middag peuselhappie. Leerders het altyd toegang tot koue water en koeldrank. Daar is ‘n snoepie beskikbaar na middagete, elke Maandag, Woensdag en Vrydag.

kids eating apples
‘n naskool met hart!

Ons 10/10 Skoolspan

Die span by 10/10 Naskool en Tuisskool, onder leiding van eienares Bianca en bestuurder Natasha, bestaan uit 12 passievolle individue wat omgee oor die opvoeding en ontwikkeling van elke leerder van Graad RR tot Graad 12.