Naskool
Oor 10/10 Naskool
‘n Naskool Met Hart!
10/10 Naskool is ‘n goed gevestigde en populêre naskool vir laerskool leerlinge vanaf Gr.RR tot Gr.7. Ons is hoogs aangeskrewe by Laerskool Helderkruin se leerders en ouers.
Leerlinge word na skool by Laerskool Helderkruin se spesifieke aantree punte afgehaal en oor die straat begelei deur personeellede. Leerders wat aan buitemuurse aktiwiteite deelneem weg van die Naskool af, word ook geakkommodeer.
Die Naskool het ‘n ‘oop-deur’ beleid en is bekend vir uitstekende kommunikasie tussen die Naskool, ouers en laerskool.
Ons fasiliteite en dienste strek verder as slegs akademie, daar word ook aandag gegee aan kinders se sosiale en emosionele welstand, want ons is tog ‘n naskool met hart.
Oor 10/10 Naskool
Meer Inligting oor 10/10
- Veiligheid is ons hoof prioriteit.
- Skoon badkamers.
- Goeie kommunikasie met ouers teen alle tye.
- 12 Jaar ‘n suksesvolle naskool.
- ‘n Fantasie speel area waar kinders weg raak in ‘n fantasie wêreld met ‘n seerower skip, houtkasteel en muur kunswerke.
- Ons is die naskool met hart en passie.
- Ons is die huis weg van die skool.
- Elke graad groep, van Gr RR - 7, het hulle eie onderwyseres.
- Intensiewe doen van huiswerk. Hulp, leiding, rapportering terug aan ouers. Spesiale aandag. Empatie teenoor kinders wat sukkel.
- Vakansietye voldag oop met tonne pret en aktiwiteite, byvoorbeeld kunswerk, dans, bak en brou, poppe teater ens.
- 'Geen boelie' protokol.
- Kinders word gevat en gaan haal by na skool aktiwiteite.
- Speel aktiwiteite, byvoorbeeld lego, blokkies bou, bord speletjies en kaart speletjies vind plaas.
Oor 10/10 Naskool
Naskool Spyskaart
Maandag
- Gesondheidsbroodjies (Ham, Kaas & Tamatie)
- Ryskoekies met Grondboontjiebotter & Stroop
Dinsdag
- Beesbredie, Rys & Groente
- Jellie & Vla
Woensdag
- 2 Minute Noedels
- Vetkoekkies & Stroop
Donderdag
- Maalvleis, Mash & Groente
- Go - Slow Skyfies
Vrydag
- Wors Broodjies
- Roomys & Sprinkles
Maandag
- Chicken A'La King en Rys
- Jellie en Vla
Dinsdag
- Wors Broodtjies
- Kolwyntjies en Stroop
Woensdag
- Spekpasta
- Go-Slow Skyfies
Donderdag
- Beesbredie
- Jogurt en Piesang
Vrydag
- Noedels
- Roomys
Oor 10/10 Naskool
Naskool Spyskaart
Maandag
- Gesondheidsbroodjies (Ham, Kaas & Tamatie)
- Ryskoekies met Grondboontjiebotter & Stroop
Maandag
- Chicken A'La King en Rys
- Jellie en Vla
Dinsdag
- Beesbredie, Rys & Groente
- Jellie & Vla
Dinsdag
- Wors Broodtjies
- Kolwyntjies en Stroop
Woensdag
- 2 Minute Noedels
- Vetkoekkies & Stroop
Woensdag
- Spekpasta
- Go-Slow Skyfies
Donderdag
- Maalvleis, Mash & Groente
- Go - Slow Skyfies
Donderdag
- Beesbredie
- Jogurt en Piesang
Vrydag
- Wors Broodjies
- Roomys & Sprinkles
Vrydag
- Noedels
- Roomys
Skryf Jou Kind Vandag In!
By 10/10 Naskool verstaan ons dat elke kind uniek is, en ons is daartoe verbind om ‘n omgewing te skep waar elke leerder hul volle potensiaal kan bereik. As jy op soek is na ‘n naskool wat jou kind akademies, sosiaal en emosioneel ondersteun, is 10/10 die plek vir jou. Moet nie langer wag nie – kontak ons vandag en skryf jou kind in by die naskool met hart!


